Scroll Top

Moon and Sixpence wedding – Schalk and Melissa

1

Moon and Sixpence wedding photography

It is always a pleasure to be the wedding photographer at a Moon and Sixpence wedding. But if the couple is somebody as special as Melissa and Schalk then the whole wedding becomes extra special. She is the second of two sisters whose wedding I photographed. Her sister Anneli got married last year. I have also photographed their family in Middelburg. So…I consider myself part of the family already.

Schalk and Melissa, thanks for the privilege of choosing me as your wedding photographer, you are super people and I wish you all the best for your future.

Here is Melissa’s story in her own words on how she and Schalk met:

“In 2003 het ek en Schalk mekaar ontmoet toe ons saam in dieselfde voogklas was in Matriek, in Hoerskool Kanonkop, Middelburg. Dit was vir my dadelik “love at first sight” en ek was absoluut mal verlief op hom. Ons was eers net goeie vriende, en het teen April 2003 begin uitgaan. Dit was die begin van ‘n leeftyd saam, al het dit paar keer dalk nie so gelyk nie. Ons het maar baie aan en af tye gehad, maar altyd ons pad na mekaar weer gevind. In Maart maand 2012 is ons met vakansie op die MSC Symphonia skip na die Portugese eilande toe. Ek was glad nie bewus van die feit dat Schalk my toe wou vra om met hom te trou nie. Hyt ook nie eintlik veel kans gehad nie, aangesien ek die hele 3 dae op die skip siek en bedleend was. Na die 3 dae op die skip, is ons Port Edward toe aan die Suid Kus, waar ons nog ‘n week gaan vakansie hou het. Ons het vir die Donderdag ‘n lekker Spa sessie geboek by een van die “Beauty Day Spa’s” op Port Edward voordat ons sou Durban toe gaan vir die dag. Oppad na die Spa, het Schalk strand toe gery, daar gestop, en gese hy wil iets op die strand gaan wys. Wat ek glad nie  kon verstaan nie, aangesien dit ‘n klein strandjie is, en daar nie veel is om te sien, behalwe die see nie. Maar ekt uitgeklim en saam hom gestap. Oppad terug kar toe, nog al die pad op die strand, en nou ook vol sand net voor ons Spa toe moet gaan, het Schalk my gestop, en vir my ‘n “firework” aangesteek. Dit was regtig mooi, en so oulik van hom. Toe die sterretjie klaar gebrand het, het ek die stokkie op die gras gesit, en toe ek  omdraai, het hy met ‘n houertjie in sy hand gestaan. Daar binne in was die blinkste, en mooiste ring wat ek nog ooit in my lewe gesien het. Ek het so groot geskrik en kon nie GLO wat ek sien nie. En  net daar op die strand, het Schalk my gevra om met hom te trou. Ons het verloof geraak op die 15de Maart 2012. Ons het ook nie dadelik besluit op ‘n trou datum nie, en was baie besluitloos oor die plek waar ons wou trou. In Oktober 2013 het ek die webblad van “the moon & sixpence” gesien en het net dadelik geweet, dit is waar ons gaan trou. Ons het ons hele troue begin reel, en op 20 Maart 2013, 10 jaar na ons begin uitgaan het, het ek met my heel beste vriend getrou. En dit was die heel heel mooiste dag van ons lewens!”

Pretoria Wedding Videographer and Photographer

We were also the videographers at Melissa’s wedding, We have uploaded a shortened version of their wedding on YOU Tube. If you want to see that you can use this link

 

 

Related Posts

Leave a comment

error: Content is protected !!
×

Hello!

Click on our representative below to chat on WhatsApp.

×