Scroll Top

Barend en Carmen se troue by Casa Lee Country Lodge

Casa Lee Country Lodge Wedding Photography by JC Crafford Photo and Video BC

Barend en Carmen. Ek dink julle sal met my saamstem dat dit regtig twee pragtige mense is. Maar as julle dink hulle is uiterlik mooi moet jy hulle ontmoet. Hulle is net eenvoudig twee van die mooiste innerlike mense wat ek nog ontmoet het. Carmen is ALTYD in ‘n goeie bui. 5 min in haar teenwoordigheid en jy vergeet van al jou probleme. Barend is nou weer die stil sterk tipe, as hy praat kan jy maar luister. ‘n Regte staatmaak man.

Baie duidelik twee mense wat bedoel is om bymekaar te wees.

Hulle troue was een reuse sukses, sommer reg van die begin af, alles was heerlik. En met die photo shoot kliek die twee so lekker, jy wil sommer net aanhou fotos neem. Maar Casa Lee Country Lodge se lekker kos wag, en die gaste wil begin partytjie hou.

Ek het vir Barend en Carmen so ‘n paar vrae gevra oor hulle verhouding en hoe hulle verloof geraak het.

Ontmoeting:

Alles het begin met ‘n dans…

Ek  (Carmen) en ‘n vriendin het een aand besluit om spontaan te verkeer en te gaan dans. Toe ek weer sien, toe staan ‘n aantreklike jong man langs my en vra: “Wil jy dans?”. Ek het eers om my gekyk om seker te maak hy praat met my. Ons het ‘n hele paar liedjies omgedans en ek het geweet dat hierdie nie ons ‘laaste’ dans sou wees nie. Op daardie oomblik het tyd stilgestaan want ek het soos ‘n prinses gesweef in sy arms. Dit was die begin van ons sprokiesverhaal.

Verlowing: 28 Desember 2012

Ons het Desember vakansie in Scottburgh, Natal, by my (Carmen) ouers gekuier.

Die eerste paar dae was reënerig so ons was glad nie op die strand nie.

Barend stel toe voor ons gaan stap ‘n entjie langs die see want dit was die eerste sonskyndag.

Ek het niks vermoed nie en was baie gretig om my voete in die sand te kry. Ek het omtrent die hele pad vooruit gestap en ek kon nie verstaan hoekom Barend so stadig agterna stap nie want dit was baie ongewoon. Na ‘n hele ruk se wandel het ons op die rotse gaan staan en na die see gestaar. Toe ek my weer kon kry was hy op een knie. Ek was so verbaas en het ook nie dadelik geregistreer hoekom hy dit doen nie. Toe begin die realiteit intree en ons was beide oorweldig met emosies. Na die ‘JA’-woord het ons beide besef dat die ring steeds geduldig wag in die boksie om sy verskyning te maak. Dit was die ‘ultimate icebreaker’ want ek moes vra of ek die ring mag sien en ons het laggend terug huiswaarts gekeer om die opwindende nuus te deel.

Dankie:

Baie dankie aan almal wat die dag saam met ons gedeel het om dit ‘n spesiale dag te kon maak.

Barend en Carmen, van my kant af dankie dat julle my gevra het om julle trou fotograaf te wees. Dit was heerlik om die dag saam met julle te spandeer. Alles van die beste met die toekoms.

JC Crafford

 

Related Posts

Leave a comment

error: Content is protected !!
×

Hello!

Click on our representative below to chat on WhatsApp.

×