Scroll Top

Stevie en Michell | Red Ivory Troue

Hartbeespoort Photographer and Videographer

Dis altyd vir my interessant op ‘n troue om uit te vind hoe die bruid en bruidegom  mekaar ontmoet het.

Die volgende het gebeur met Stevie en Michell. Hulle ken mekaar nou al ‘n jaar en 10 maande en is op hulle troudag presies ‘n jaar verloof.

Michell het een van haar beste vriendinne, Anuschka, aan een van haar beste vriende, Peet, voorgestel en hulle het toe eventueel getrou. Michell het toe vir hulle gesê sy kan nie glo hulle het nie eers een ordentlike ou wat hulle aan haar kan voorstel nie, en toe reël hulle vir haar ‘n afspraak met Stevie… en hier is ons nou op hulle troue. En o ja, Anuschka en Peet was ook strooimeisie en strooijonker.

Hulle troue was ‘n bitter koue dag, maar gelukkig nie reën nie.

Stevie en Michelle het vir ons gevra om hulle fotografie en videografie te doen op hulle troue. Ons het sommer dadelik van hulle gehou, altwee is vreeslike vriendelike en gawe mense. Stevie het sommer dadelik toe hy ons ontmoet vir ons gesê dat alle koffies en Cappuchinos wat ons die dag drink op sy rekening is. So ‘n vriendelike bruidegom kry jy nou nie elke dag nie.

Hulle tafels was pragtig opgemaak met wit tafeldoeke, swart glase en baie groen blare en wit blomme op die tafels. Te pragtig.

Ma Suzette het seker gemaak Michell is mooi en reg vir die troue en Pa Stephan het vir Stevie met sy das gehelp.

Klein spesiale dingetjies op die troue wat vir my oulik was:

  1. Elke gas het ‘n botteltjie Jagermeister as ‘n present gekry met ‘n tot glasie wat sê : “Take a shot we tied the knot”
  2. Stevie se “cufflinks” het hulle voorletters “SM” en Est 2022 op gehad.
  3. Sy dasspeld het die woorde #Backtodutoit opgehad.
  4. Die mannetjie en vroutjie op hulle troukoek is dieselfde mannetjie en vroutjie wat op haar oupa en ouma se troukoek was.
  5. Sy het haar “reveal’ nie net aan haar pa gedoen nie, maar ook aan haar bruidmeisies EN, BAIE spesiaal aan haar Oupa Chris Opperman. Ek belowe julle die oupa het sommer BAIE spesiaal gevoel.  Ek het vroëer met Oupa Chris ‘n geselsie aangeknoop en ‘n foto van hom geneem. Hy het toe vir my gevra of ek weet dat ‘n foto eintlik “gestolde tyd” is. Dit is so pragtig en beskrywend.

Michell het pragtig gelyk in haar Diaan Daniels trourok, ou Stevie het ‘n lekker paar trane afgevee toe sy aan ‘n trotse Pa Paul se arm ingeloop kom.

Michell het met die pa dogter dans met albei die pa’s gedans. Dis duidelik dat hier klaar ‘n hegte band is tussen die twee families. Stevie het weer met ma Roeline en Suzette gedans.

Daarna het almal heerlik saam gekuier by die pragtige Red Ivory wat se kos en diens soos gewoonlik uit die boonste rakke is. As jy ‘n plek soek om te trou, glo my, jy kan nie beter doen as Red Ivory nie. Dis altyd vir ons ‘n heerlike voorreg om ‘n troue by hulle af te neem.

Michelle en Stevie, bly altyd net sulke oulike mense as wat julle nou is. Mag God julle huwelik oorvloedig seën.

JC en Surika Crafford.

PS: Ons is seker julle het die “honeymoon” in Phuket sommer baie geniet!

Related Posts

error: Content is protected !!
×

Hello!

Click on our representative below to chat on WhatsApp.

×